Oor hierdie vraelys
TOESTEMMING OM AAN NAVORSING DEEL TE NEEM
Geagte Voornemende Deelnemer
My naam is Doené Adams, ‘n student aan die Universiteit Stellenbosch, en ek nooi jou graag om deel te neem aan ‘n eksperiment vir my Meesters in Algemene Taalwetenskap.
Jou deelname sal heeltemal vrywillig wees en jy het die reg om te weier om vrae te beantwoord. Jy kan die eksperiment enige tyd verlaat sonder om ‘n rede daarvoor te gee.
Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel oor taal en besluitneming, spesifiek taalkeuse in advertensies.
Die vraelys sal ongeveer 15-20 minute vat om te voltooi. Jy sal gevra word om kort advertensies te lees en die vrae wat volg in te vul. Dit word gevolg deur ‘n agtergrondvraelys. Na voltooing van die opname, word jy die keuse gegee word om deel te neem aan ‘n gelukkige trekking om ‘n R500 kontant prys te wen. Kontak besonderhede sal gevra word om deel te neem aan die gelukkige trekking. Kontak besonderhede sal nie aan jou antwoorde gekoppel word nie en sal slegs gebruik word om die wenner van die kontant prys te kontak.
REGTE VAN NAVORSINGSDEELNEMERS
Jou deelname sal heeltemal vrywillig wees. Jy het die reg om te weier om vrae te beantwoord, en jy kan die eksperiment enige tyd verlaat sonder om 'n rede daarvoor te gee. Jy doen nie afstand van enige regseise as gevolg van jou deelname aan hierdie navorsingstudie nie. As jy vrae het oor jou regte as deelnemer aan navorsing, kontak Mev. Maléne Fouché [mfouche@sun.ac.za; 021 808 4622] by die Afdeling vir Navorsingsontwikkeling.
Jou antwoorde sal anoniem gehou word en all opname-data sal met ‘n wagwoord beskerm word. Slegs die navorser en studieleiers sal toegang tot hierdie data hê.
Kontakinligting
Inligting oor hierdie studie:As jy enige vrae oor die navorsing het, kontak gerus die navorser Doené Adams (20805179@sun.ac.za) en/of die studieleier, Dr Robyn Berghoff (berghoff@sun.ac.za)
Kontak e-pos: 20805179@sun.ac.za
Belangrike tegniese vereistes vir jou rekenaar
Jy blyk om die volgende webblaaier te gebruik (weergawe-nommer in hakies): unknown browser ( n/a )Gebruik asseblief ’n ander webblaaier. Gebruik Chrome or Firefox